AWD歌词由Johan Eloff&LYNN-E演唱,出自专辑《AWD》,下面是《AWD》完整版歌词!
AWD歌词完整版
Hy sport 'n Boerboel kortbroek
Met 'n Buffelsfontein baard
Sy Cruiser het 'n sticker op
Met baie goeie raad
Dit sê "As jy ook moeg is
om krag te hê 'per chance'
Doen jouself 'n guns en luister
Afrikaans Wil Dans"
Sy bly nog in Pretoria, maar
in Tswane op haar maps
Sy tik in Afrikaans maar
mix haar tale op haar apps
Dan sê sy "As jy moeg is
om krag te hê 'per chance'
Doen jouself 'n guns en luister
Afrikaans Wil Dans
Is jy dalk in 'n dans plek
En wil jy stêrre swaai
Speel dan Afrikaans Wil Dans
Want dit is flippen kwaai
Dalk, sit jy by die huis
Met geen uitkom kans
Speel dan net dié song van
Afrikaans... Wil... Dans
Dalk is dit loadshedding
Of dalk is dit jou vrou
Dalk is dit die politiek
Of dalk is dit jou ou
So as jy so bietjie stressed is
Wel gooi 'n shuffle dance
Maar maak net vir my seker
Dis op Afrikaans Wil Dans
Hul het mekaar ontmoet
By 'n dans plek 'Quite per chance'
Nou beweeg hul twee hul litte
Op Afrikaans Wil Dans
So as jy Afrikaans is
dan is hierdie ook jou kans
Pomp die 'volume' op
van die oggend op tot saans!
Dans, dans, Afrikaans Wil Dans